Welkom
Die uitgereikte blaadjie met afkondiginge elke Sondag by die deur
het al die inligting van die aktiwiteite van
die komende week.
Op die oomblik is daar slegs een diens in die oggend en net daarna is daar geleentheid om saam te kuier met 'n heerlike koppie Baruch's filterkoffie of 'n koppie tee in die kerksaal. Dit is 'n wonderlike geleentheid vir die gemeentelede om mekaar te ontmoet en te leer ken en om maar net lekker te gesels.
'n Foto geneem tydens enige byeenkoms? Dit is so maklik vandag met die allesdoen selfone vandag. Stuur dit aan webmeester@suidkerkmsb.co.za en dit kan moontlik 'n plekkie kry op die fotoblad.
Inligting vir almal om te volg, indien op Twitter, kan ook getweet en gevolg word by die gebruikersnaam / handvatsel @Suidkerkmsb (en 'n bykomende gepaste hutsmerk # as kruisverwysing kan groter blootstelling meebring).
'n Opsommende berig van enige gemeente gebeurtenis (sien ook die Jaarprogram 2019) is net so welkom en sal vermeld word op die Onlangs in die Nuus blad [soos byvoorbeeld die pragtige Paasfees met Blomme ~ Maart 2016 en die beplande Malawi-uitreik 2019].
Lees ook die interessante GESKIEDENIS
van hierdie gemeente soos geneem uit die feesblad
1958-2008. Die gemeente is nou in sy 61 ste jaar.
Hierdie webblad is opgestel teen die einde van 2015 en bekendgestel in Februarie 2016. Dit kan net werk met die samewerking en insette van die gemeente. Kom ons maak dit werk.
Stuur asseblief 'n e-pos aan Ds Andre indien u die web ruimte besoek het. Groot asseblief (want ons het nog nie 'n besoekersboek nie).
Nogmaals welkom.

Kommunikasie
- - - - - - - - - - - -
- - - - - - - - - - - -
- - - - - - - - - - - -