Jeug
Die gemeente het nie baie dooplidmate (kinders) nie. Ons bedien graad R-6 in die Kinderkerk. Die kinders woon die 10:00 diens saam met hulle ouers by en gaan na die kinderoomblik saal toe. Graad 7 en 8 word deur lidmate hanteer. Graad 9-11 is die dominees se verantwoordelikheid. Die jaargroepe bly vir minstens 2 jaar by dieselfde dominee.
‘n Spesiale saamsing en kort lessie word beplan vir die kleuters. Dit sal tussen die 08:30 en 10:00 diens plaasvind.
Die
meeste van ons gemeentekinders is in Laerskool Park. Ons is bevoorreg om oop
deure by Laerskool Park te hê en ons het aktiewe bediening daar. Dus word nie net gemeente-kinders nie, maar ook talle ander kinders bereik. Daar is weekliks ‘n spreekkamer-uur, groeps-werk met graad RR en R en jaarliks Hemelvaart en Pinkster vir die hele skool.
Bible app for kids