Ons eer God met liefdevolle omsien en uitreik.


Ons is 'n gemeente van die Drie-enige God van die Bybel, en kinders van die Hemelse Vader....

Wat ons in liefde versorg, regeer en bewaar

Wat ons deur sy Seun, Jesus Christus, gered het

Wat ons deur die Heilige Gees lei en vernuwe

Sodat ons sy lig in die wêreld sal laat skyn tot dat Christus weer kom.

Ons verbind ons daarom om

God Drie-enig dankbaar te eerbiedig en te gehoorsaam

Mekaar met ons gawes te versorg en op te bou

En in woord en daad by die wêreld se fisiese en geestelike nood betrokke te raak.

 

GEMEENTE VISIELIED (op die wysie van Lied 358)

1. Ons wil U loof, Almagtig Here

Vir seën onverdiend

Gee ons n duidlik opdrag, Here

Altyd vir U te dien

Christus kom, Christus kom

Gee aan God die eer

Skenk deur U Heilge Gees U vrede

En naasteliefde Heer

2. Laat ons deur U gena en liefde

Ander se sorge sien,

En dan met onvermoeide ywer

U Woord aan hul bedien

Christus kom, Christus kom

Gee aan God die eer

Skenk deur U Heilge Gees U vrede

En naasteliefde Heer

3. Laat nou die kinderstemme opgaan

Om so die Heer te prys!

Met jubel in ons harte .. Here

Straal ons U liefde uit.

Christus kom, Christus kom

Gee aan God die eer

Skenk deur U Heilge Gees U vrede

En naasteliefde Heer

4. Laat ons gemeente saamspan, Here

Maak ons met Jesus EEN

Voer ons ook saam op U triomftog

Vir U oorwinnaarskroon.

Christus kom, Christus kom

Gee aan God die eer

Skenk deur U Heilge Gees U vrede

En naasteliefde Heer

5. Voed ook nou hierdie liggaam, Here,

Laat dit volkome wees

Neem weg ons sonde, pyn en smarte,

Laat ons geen vyand vrees.

Christus kom, Christus kom

My lewe maak weer sin

So sal ons beker oorloop, Here

U HET DIE DOOD OORWIN!