Omgee

Omgee vir mekaar is deel van die gemeente se kultuur.

Die gasvryheidsbediening maak broodjies en bedien koffie/tee tydens begrafnisse

Die gemeente se koskas voorsien tans kospakkies aan ongeveer 25 gesinne. Oesmaand beteken dat 'n streek geleentheid kry om droë produkte, groente, gevriesde produkte of blikkieskos by te dra tot die koskas

Herberg Kinderhuis: die gemeente ondersteun Huis C (waar 16 dogters woon). Kyk gerus op www.herberg.co.za

Navrae: Joey 073 298 8142