Gebed
Sommige mense noem gebed die DNS van ‘n gemeente of die geestelike asemhaling. Die teoloog A A van Ruler skryf: "Ons moet bid om die wêreld aan God op te dra. Wanneer ons vir die wêreld bid, erken ons eintlik, en is ons diep daarvan bewus dat ons nie die finale verantwoordelikheid vir die wêreld dra, asof ons Atlas is, nie. Ons is wel ingeskakel in God se werk, ons is medearbeiders; ons het wel ’n taak waarvoor ons ten volle verantwoordelik is. Ons is in ’n voortdurende gesprek met God betrokke oor wat in die wêreld aangaan".
Waar kan jy inskakel?
Weeklikse saambidgeleentheid Dinsdae 17:15
Navrae: Ds André Kritzinger 084 613 2462
Gebedsketting wat volgens ‘n rooster vir sake bid.
Navrae: Teres Pretorius 082 352 8680
Gebedswag wat per SMS dringende versoeke ontvang.
Navrae: Ds André Kritzinger 084 613 2462
Gebedsondersteuners vir elke dominee.
Navrae: Ds André Kritzinger 084 613 2462
Gereelde deelname aan projekte of gebedstye soos ge-inisieer deur Jerigo mure. Besoek hul gerus by www.jwipn.com